G’n Abba, g’n begrafnis

RUBRIEK

G’n Abba, g’n begrafnis

DOUW STEYN word 60 en beleef 'n onwelriekendheid wat hom oortuig hy het die einde van sy lewenspad bereik. Die reël van sy afskeid trek sy aandag af van sy toestand.

EK dink ek gaan dood. My binnegoed stink. Wel, vir my. Ek slaan 60 dié jaar en enige afwyking van die normale kwale laat my skarrel.

My ergste bekommernis nou is, as ek nou wel doodgaan op so ’n jong leeftyd, wat maak hulle met my? Ek wil nie begrawe word nie. Verassing is seker maar die beste opsie. Maar wat maak hulle dan met my as?

Ek ry nou die dag verby die begraafplaas hier in Lalaland waar ons deesdae woon. Die alomteenwoordige kwelling oor my reste laat my stop. Die marmergrafstene blink met hulle wit memoria in die somerson. Tog aandoenlik. Maar nie genoeg vir my nie. My oog tref die muur. Dis langs die pad na Pretoria-by-die-see; aan die ander kant loop die hoofpad van Lalaland verby. In die muur is sulke mooi hokkies met deurtjies en hier en daar ’n blommetjie. Hulle noem dit glo nissies. Dis nou waar meneer en mevrou se as rusplek kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.