Die Palisade-plan (oftewel die Potemkin-skuif)

MOTORS

Die Palisade-plan (oftewel die Potemkin-skuif)

Ná die Tweede Wêreldoorlog moes Amerika se Marshall-plan Europa help om ekonomies weer op die been te kom. Die Palisade-plan kan dieselfde vir Noord-Korea doen. EGMONT SIPPEL het die gekuurde weergawe van Hyundai se hotel op wiele bestuur.

EK het ’n idee vir die neutralisasie van Kim Jong-un, die 41-jarige jong Noord-Koreaanse leier wie se kernarsenaal spoke van ’n Derde Wêreldoorlog opjaag.

Die “Allerhoogste Leier” (soos Kim genoem word) is mos vriende met die Amerikaanse basketbalspeler Dennis Rodman. “Die Wurm” is nou één Westerling wat waarlik welkom in Pyongyang is en, wie weet, dalk Dennis se drie kinders ook.

Al hierdie dinge in ag genome, sou die plan wees om Rodman met ’n bataljon Hyundai Palisades na Noord-Korea te stuur, waar hy ’n getuigskrif oor die wa se wondere aan Kim moet lewer: die oorvloedige ruimte waarin selfs ’n man van 2,01 m soos Rodman maklik saam met sy gesin plus vele honde en bagasie inpas; die uitstekende 2,2 ℓ-turbodieselbron wat die lewenstyler se vyf meter en twee ton met uiterse gemak en in stille verfyndheid via al vier wiele rondsleep; die uitstekende agtgang-outokas wat nou nog gladder en vinniger as voorheen skakel; die wonderlike ritgehalte en tonne toerusting...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.