Wilgenhof en waterzooi

AGTERBLAD

Wilgenhof en waterzooi

EMILIA SMUTS deel 'n Suid-Afrikaanse diplomaat se internasionale resepte, asook kado's uit die Klein-Karoo.

MY pa was in Wilgenhof, daardie hotel van Middeleeuse foltering. Maar die ou het oorleef. Stephan ook. Dis nou my pa se maat, Stephan Wentzel, wat op ’n studentetoer Europa toe gegaan en nie weer teruggekom het nie. Iewers in Europa van die boot afgeklim en nooit weer opgeklim nie. Ek dink nie Wilgenhof het iets daarmee te make gehad nie.

Mettertyd het hy ongereelde poskaarte uit die uithoeke van Europa gestuur. Altyd net “Hello Swepie, Baai, Bach.” Laasgenoemde sy bynaam, verwysend na sy vaardighede as pianis. (Bynaam?? Die afgryse. Die áfgryse.)

Hy het later met die verbluffende Ilse Prozesky getrou en diplomaat geword. Interessante man. Interessante mense. Smulpape, wat sy plasings in Washington, Londen, Brussels, Marseille en Hamburg gebruik het om allerlei fantastiese disse op te spoor, te leer maak en aan ons bekend te stel in ’n tyd toe Europese geregte in die Klein-Karoo nog onbekend was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.