Verbete geveg oor (B) laat ‘kerkxit’ in (A) dreig

DIE COOL IS DEUR DIE KERK

Verbete geveg oor (B) laat ‘kerkxit’ in (A) dreig

In die afwesigheid van enige ware kerksakeverslaggewers bied Vrye Weekblad hiermee ’n spesiale selfdoenstorie oor die nuutste dreigende skeuring in die kerk (van jou eie keuse). Deur WILLEM KEMPEN.

’N SKEURING dreig opnuut in die [(A): Nederduitse Gereformeerde Kerk / Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika / Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika / Veertiendaagse Adventiste / Ander ] na aanleiding van ’n sinodale besluit oor [(B): gay mense in die kerk / gay-huwelike / evolusie / apartheid / die Drie-eenheid / vroue wat eredienste sonder hoofbedekking bywoon / vroue in die bediening / vroue as ouderlinge / die gebruik van die kelkie tydens Nagmaal / seks voor die huwelik / seks ná die huwelik / Sondagsport / die grootdoop / slawerny / die aantal dinosourusse op Noag se ark].

Ingeligte bronne sê die oorsprong van die twis kan teruggespoor word na die [(C): Eerste / Tweede / Derde / Vierde / Vyfde / Sesde / Sewende Konsilie van Nicea], waar geen verteenwoordiger van (A) teenwoordig was nie.

Meer onlangs het gemoedere hoog geloop tydens die [(D): Cottesloe-beraad / Rustenburgberaad / Johannes du Plessis-saak van 1932 / algemene sinode van 1962 / Bloedrivier-gelofte / Curriebeker-eindstryd van 1989]...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.