Rooi ligte flikker oor biljoene rande se blou ligte

BBP BESKERMING IS DUUR

Rooi ligte flikker oor biljoene rande se blou ligte

Die regering bestee jaarliks ’n fortuin aan die beskerming van die president, kabinetslede en ander hooggeplaastes. Moenie geld daarop wed dat dié uitgawe besnoei gaan word in die staatsbegroting wat volgende week ter tafel gelê word nie, skryf WILLEM KEMPEN.

TWEE jaar gelede, pas nadat Cyril Ramaphosa as president ingehuldig is, het die Instituut vir Rasseaangeleenthede (IRR) in ’n verslag lig gewerp op die omvang van die staat se program om na baie belangrike persone (BBP’s) se veiligheid om te sien.

In dié verslag, getiteld “South Africa’s Secret Police – Inside the Multi-Billion Rand, Clandestine VIP Protection Services” (https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/5000/1a53665498d64e098dd5ac31d6b42fe1.pdf), word onder meer daarop gewys dat die toewysing onder die hofie “VIP Protection Services” van R353 miljoen in die 2008-’09-begroting tot R1.5 biljoen in die 2018-’19-begroting toegeneem het tydens die ampstermyn van oudpres. Jacob Zuma. Dis ’n meer as viervoudige toename in net 10 jaar. (En ook nie net omdat Zuma meer eggenotes as die gemiddelde president gehad het nie.)

Gareth van Onselen, die opsteller van die verslag en die IRR se hoof van politiek en regeringsbestuur, het met die uitreiking daarvan gesê min dinge is so sigbaar en terselfdertyd so in geheimhouding gehul as die beskerming van BBP’s. Daar is in die algemeen nie behoorlike oorsig en verantwoordbaarheid nie, en dis moeilik om te weet of die toenames in besteding geregverdig is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.