KITSKENNIS | Per adres: SA Poskantoor, Tamatiestraat 1

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Per adres: SA Poskantoor, Tamatiestraat 1

Die skorsing van Lindiwe Kwele as waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor bevestig dat dié staatsonderneming nogmaals diep in die sop is, skryf WILLEM KEMPEN.

Wat was ’n poskantoor?

IN vergange tye het baie mense ’n gewoonte daarvan gemaak om ’n pen te vat, daarmee ’n boodskap op ’n stuk papier te skryf, dit netjies te vou, in ’n koevert te sit en toe te plak. Dan het hulle sorgvuldig ’n adres voor op die koevert geskryf, ’n seël daarop geplak wat hulle by die plaaslike poskantoor gekoop het, en die koevert deur die gleuf van een van die rooi sogenaamde “posbusse” iewers op ’n straathoek gaan “pos”.

Voor op die posbus was daar gewoonlik ’n verweerde kennisgewing wat gesê het wanneer die pos in die posbus afgehaal sou word; sê twee of drie keer per week. Op daardie tye het iemand van die poskantoor dan die posbus kom oopsluit, al die pos uitgehaal en in ’n groot seilsak gesit. Dié sak is dan verseël en na die einste poskantoor geneem, waar die seël gebreek is sodat die pos gesorteer kon word, of dis eers na ’n groter sorteersentrum geneem. Van daar is elke posstuk na die poskantoor die naaste aan die bestemming geneem, hetsy per pad, spoor of lug...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.