Peta Thornycroft is ’n veteraan-joernalis wat oor Zimbabwe en die res van Suider-Afrika verslag doen vir Suid-Afrikaanse en Britse media. Sy het in 2001 haar Britse burgerskap opgegee en 'n burger van Zimbabwe geword sodat sy kon aanhou verslag doen oor daardie land. Sy noem haarself die langs oorlewende arm vryskut-joernalis.
ZIMBABWIESE GRONDKWESSIE
Zim se grondnuus is meestal fopnuus
Moenie die wolhaarstories glo oor Zimbabwe wat wit boere se grond teruggee nie, skryf PETA THORNYCROFT.
Deel
IN werklikheid gee die staat klein stukkies grond terug aan minder as 100 voormalige boere (of hul erfgename) wat burgers is van sewe lande waarmee Zimbabwe beskermende beleggingsooreenkomste gehad het tydens die grondgrype in 2000.
Hulle gee ook grond terug aan 'n handjievol swart Zimbabwiese boere wie se grond afgevat is tydens die chaotiese grondgrype ná 2000. Hierdie effense teruggee van grond is vervat in 'n nuwe statutêre instrument wat verlede week gepubliseer is, byna 20 jaar nadat die grondchaos begin het.
Die wetgewing bepaal dat die eisers burgers van Oostenryk, Frankryk, Nederland, Duitsland, Swede, Maleisië en Mauritius moes wees toe hul grond in 2000 afgevat is. Dit sal verbasend wees as enige van hierdie voormalige boere en hul erfgename hul grond wil terug hê. Baie van die plase se infrastruktuur is gestroop – as enigiets staande gebly het, sal dit na alle waarskynlikheid teen groot koste herstel moet word. Dit is ook moontlik dat die oorspronklike plase opgedeel is vir tientalle Zanu-PF-ondersteuners, dus hierdie besetters sal verhuis en vergoed moet word vir enige infrastruktuur wat hulle opgerig het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Zim skuld SAL tot R1.8 biljoen
Nuwe boere bewerk die grond in Zim
Zimbabwe-betogings flou soos ekonomie
Deel
Deel
Volgende artikelPeta Thornycroft
JoernalisPeta Thornycroft is ’n veteraan-joernalis wat oor Zimbabwe en die res van Suider-Afrika verslag doen vir Suid-Afrikaanse en Britse media. Sy het in 2001 haar Britse burgerskap opgegee en 'n burger van Zimbabwe geword sodat sy kon aanhou verslag doen oor daardie land. Sy noem haarself die langs oorlewende arm vryskut-joernalis.