SAID ’n slagoffer van ekonomie, emigrasie en interne gespuis

DIE WIEL DRAAI STADIG

SAID ’n slagoffer van ekonomie, emigrasie en interne gespuis

Edward Kieswetter takel die belastingowerheid se probleme, ja, maar om ons geloof in die SAID te herstel hang ook van eksterne faktore buite sy beheer af, skryf NATASHA MARRIAN.

DIANE Lalor was ’n lid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se hooggeregshof-regsgedingeenheid – ’n topspan wat regtens deel van die hoëprofiel-hofoorwinning moes wees wat die SAID teen die beweerde Wes-Kaapse bendelid Mark Lifman behaal het.

Die appèlhof het beslis Lifman het geen redelike vooruitsig op sukses in sy poging om die SAID te keer om op bates beslag te lê ter vereffening van sy belastingskuld van R352 miljoen nie.

Hoewel dit nou heringestel is, was Lalor se eenheid een van die slagoffers van die SAID se aftakeling onder die voormalige kommissaris Tom Moyane. Sy het in 2015 ’n onderonsie met Kelly-Ann Elskie – ’n vriendin van Jonas Makwakwa, Moyane se tweede in bevel – gehad nadat Elskie na Lalor se eenheid oorgeplaas is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.