Só melk jy ’n Wêreldbeker-oorwinning

’N HERHALING VAN GESKIEDENIS?

Só melk jy ’n Wêreldbeker-oorwinning

Politici, altyd op die loer vir publisiteitsgeleenthede, maak met gebeure soos ’n Wêreldbeker-rugbytoernooi seker dat hulle nie ver van die kollig is nie, skryf ALBERT GRUNDLINGH. Maar die nuwe ‘hoop’ van 2023 kan soos voorheen gevolg word deur jare wat ontnugtering inhou.

GESKIEDKUNDIGES is gewoonlik huiwerig om stellings te maak dat historiese gebeure hulself herhaal. Daar is goeie redes daarvoor wat gewoonlik met veranderende kontekste en die spesifieke aard van historiese gebeure verband hou. Tog is daar geleenthede wanneer sulke vergelykings wel miskien versigtig geregverdig kan word.

Een daarvan is die reaksies in Suid-Afrika op die Springbokke se rekord- vierde verowering van die Wêreldbeker in 2023 in Parys teen die All Blacks en hoe dit vergelyk met die eerste oorwinning in 1995 in Johannesburg. Wedywering tussen die twee tradisionele rugbyvyande wat bykans oor ’n eeu strek, het ’n spesifieke aura en intensiteit wat hulle van kragmetings met ander lande onderskei.

Uiteraard is wat op die veld geskied van primêre belang vir die verdere naweë. In 1995 is die uitslag ten gunste van Suid-Afrika met 15-12 slegs in die laaste agt minute van ekstra tyd deur Joel Stransky beklink. In 2023 het Jordie Barrett sewe minute voor die einde van die wedstryd die geleentheid gehad om die All Blacks met ’n strafskop te laat voorloop, maar sy mislukte poging het beteken dat Suid-Afrika tot die einde kon volhard vir ’n skrale oorwinning van een punt met die telling van 12-11 in hulle guns...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.