Rasnaber en Siya se Springbokke: 11 leierskapslesse wat die...

LOOP VOOR

Rasnaber en Siya se Springbokke: 11 leierskapslesse wat die wêreld nou nodig het

Háár droom, sê die leierskapsghoeroe dr. Louise van Rhyn, is dat Afrika gesien word as bydraer tot nuwe teorieë oor leierskap, eerder as die ontvanger van teorieë van die Globale Noorde. Die lesse wat ons van die Springbokke kan leer, doen presies dít. Dit is die leierskap wat Suid-Afrika, en die res van die wêreld, nou nodig het, vertel sy aan ANNELIESE BURGESS.

DIE afgelope 30 jaar al verdiep dr. Louise van Rhyn haar in die bestuur van verandering, in leierskap en in organisatoriese ontwikkeling. Sy is 'n internasionaal gerekende kenner op die gebied van komplekse maatskaplike verandering.

Wat haar nogal frustreer, is dat die veld van leierskap benader word vanuit die denkwyse van hoe dinge in die Noordelike Halfrond gedoen word.

“Die antwoorde kom altyd uit Londen en Boston," sê sy. “Ek sê nou al drie dekades lank Afrika het iets unieks om aan die res van die wêreld te bied, want daar’s iets baie spesiaal in ons vermoë om dinge uit te sorteer waarvan die wêreld moet kennis neem. En met die leierskapslesse van hierdie Springbokspan het ons die geleentheid om dit te doen."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.