Die spook van apartheid-vervolgings loop weer

WAAROM DIE ANC SE VREEMDE GEBREK AAN YWER?

Die spook van apartheid-vervolgings loop weer

Omdat die meeste van apartheid se gunslingers al baie oud is, het die Nasionale Vervolgingsgesag 'n haas onmoontlike taak om moorde van die verlede te vervolg, skryf PIET CROUCAMP.

EK ontmoet Madeleine Fullard, die hoof van die Missing Persons Task Team (MPTT) van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) by Die Kneipe, 'n Duitse restaurant en kroeg vir die “great unwashed" in Kensington, in die diep-suide van Johannesburg. Fullard is 'n hardcore comrade sonder bedrog. Die spanning is op haar gesig geëts: “Piet, the prosecution of apartheid criminals that did not come clean at the TRC is on the cards again.” Ek word yskoud; die spook van vervolging, van geregtigheid, loop weer. Ek was sporadies 'n middelman tussen die MPTT en van die mense wat nou potensiële vervolging in die gesig staar.

In die jare wat ek betrokke was by Fullard se MPTT was dit baie duidelik dat sy geen beloftes kon maak in ruil vir inligting wat lei tot die opsporing van verdwene comrades se grafte nie. Maar die meeste families het nie werklik in vervolging belang gestel nie; hulle was op soek na die verhale van hulle kinders en die beendere van geliefdes.

Die eerste ontmoeting tussen my en die lede van Umkhonto we Sizwe wat saam met Fullard gewerk het was 'n lewensles in medemenslikheid. Ek het later verskeie ANC-lede wat bewus was van die verstommende werk van Fullard en haar span probeer oortuig dat hulle vir 'n nasionale orde genomineer moes word. Die besef van wat die MPTT vir so baie families beteken het kon nie die voormalige adjunk-direkteur van nasionale vervolging, Willie Hofmeyr, of die destydse kabinetsminister Derek Hanekom oorhaal om my te help nie. Altwee het gesê hulle sal terugkom na my, maar het nooit nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.