Wie was Durban se Lady in White?

GESKIEDENIS

Wie was Durban se Lady in White?

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was daar 'n sopraan wat vir talle oorlogskepe van Durban se kaaie af gesing het. HERMAN LATEGAN het gaan delf in die geskiedenis van een van dié hawestad se vergete, maar eens diep beminde filantrope.

VANUIT haar huis op 'n heuwel in Berea wat oor die Durban-hawe uitkyk, kon sy die stoom van die oorlogskepe sien borrel soos hulle stadig kom vasmeer of regmaak om te vertrek. Sy het dan in haar Buick-sedan geklim en onder na die kaai gery.

Daar het sy in haar kenmerkende wit rok, rooi hoed en rooi halssnoer gaan staan, 'n tipe uniform wat 'n mens van ver af kon eien. Perla Siedle Gibson, 'n sopraan, het dan uit volle bors deur haar megafoon vir die soldate op dié skepe gesing.

Dit het die moreel van hordes moeë troepe gelig. Baie van die bloedjong mans wat huis toe verlang het, het sekerlik 'n bietjie van hul ma’s in haar gesien...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.