Soos Band-Aid op ’n beenbreuk

RUBRIEK

Soos Band-Aid op ’n beenbreuk

Hoekom nie konsekwent wees en sommer die hele kampus van die Universiteit Stellenbosch kanselleer of stootskraper nie, skryf RACHELLE GREEFF oor die Wilgenhof-aanbeveling.

DIT siep-sop-en-braaiboud nou so rof in die ramhok op Stellenbosch, jy hoor net wilgelatte fluit. Toe die eerste foto’s van die mure binne die omstrede, geslote Wilgenhof-vertrekke met die verdagte “artikels’’ in die media verskyn, het ek gelag. Jammer. Ek kan nie ’n besemstok teken nie, maar die skeppers van daardie muurvertoon sal onwaarskynlik na kunsstalletjies van Kersmarkte genooi word, wat nog te sê Zeitz MOCAA.

Maar ongekwalifiseerd grappig is die sage ook nie. Dalk onder meer omdat die lyf en die verstand van die deursnee-manstudent meer seun is as man. Dié halfgebakte onskuld en intellek kan wel sjarmant en ontwapenend aantreklik wees. Hulle weet dit ook. So. Waar seuns speel, speel ’n onafte saam. Of dit nou bende-bende-bangmaak of grootman-grootgeheim is. Veral as hulle alleen op ’n hoop gegooi word, raak dinge maklik morsig. ’n Terugsinking in die longdrop van laerskool-toilethumor is nie verrassend nie.

In my paar jaar op Volvoville, à la Deon Meyer, het die oumanne van die manskoshuis Helderberg die eerstejaars Holle genoem. (Kan ’n Hol ons asseblief sê of dit steeds so is.) Nuwelinge in Simonsberg was Blougatte. Maar ons praat nie nou semantiek nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.