Xhosas maak Xhosas; Wilgenhoffers maak Wilgenhoffers

INISIASIE

Xhosas maak Xhosas; Wilgenhoffers maak Wilgenhoffers

Is ek vry om in ’n universiteit in ons dag, nadat ek gelees, gedink en alles opgeweeg het, te kies om wél in ’n ry te staan, te kies om wél my hare kort te dra en te stem vir die party indien dit my eie oorwoë keuse is? vra CAS WEPENER.

AMAKHWENKWE, amaXhosa-seuns, gaan in die Oos-Kaap na die bos vir inisiasie. Vir die tyd in die bos is hulle abakhwetha, oftwel leerders. Hulle is dan nie seuns nie en ook nie mans nie. Wanneer die tydperk verby is en die besnydenis plaasgevind het, is hulle mans, amadoda.

Waarvoor help dié soort inisiasie? Wel, onder meer met die vorming van identiteit. Die seuns word op ’n kultureel-sosiologiese vlak met behulp van die inisiasie mans gemaak. Hierdie amadoda is nie noodwendig al klaar met puberteit nie, maar sosiologies het hulle identiteit verander vanaf seuns na mans. Die kern van hierdie soort identiteitsvorming is konformasie. Jy moet soos een van ons word. Dis voor-die-hand-liggend en net gewoon hoe dit is.

In groot mate funksioneer universiteite ook as inisiasieskole in diens van konformasie. Skoolkinders gaan na die “Bos” (of Tuks of Wits). Daar is hulle studente, nie skoolleerders nie en ook nie professionele lui nie, maar studente. Ná hulle tyd in die “Bos” kry hulle, uiteraard ná ’n formele rituele seremonie wat ’n gradeplegtigheid genoem word, nuwe identiteite wat wissel vanaf ingenieur tot prokureur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.