NIE HORATIUS OP DIE BRUG
Nuwe Onteieningswet: Hoe grondgrypers DA-minister kan systap
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het hom sterk uitgespreek teen onteiening ‘sonder vergoeding' ingevolge die Onteieningswet 13 van 2024. FREDERIK VAN DYK waarsku egter teen enige gejuig dat 'n DA-minister sal sorg dat radikale grondrestitusie sonder vergoeding nie meer kan plaasvind nie.
NIE HORATIUS OP DIE BRUG
Nuwe Onteieningswet: Hoe grondgrypers DA-minister kan systap
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het hom sterk uitgespreek teen onteiening ‘sonder vergoeding' ingevolge die Onteieningswet 13 van 2024. FREDERIK VAN DYK waarsku egter teen enige gejuig dat 'n DA-minister sal sorg dat radikale grondrestitusie sonder vergoeding nie meer kan plaasvind nie.
Deel
DIE minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, se sterk uitsprake met pres. Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet het op sy beurt weer fel kritiek teen hom uitgelok. Sy kritici het uitgewys dat onteieningsmagte nie onbekend aan liberaal-demokratiese state is nie. Die voorgrondwetlike Onteieningswet van 1975 moes per slot van rekening deur nuwe wetgewing herroep word om sodoende die onteieningsregulasie met die Grondwet te laat ooreenstem. Laasgenoemde maak voorsiening vir onteiening in die openbare belang of vir ’n openbare doel – en teen vergoeding.
Die “nulvergoeding”-debat bly fel, hoewel talle kenners reeds sedert die destydse poging om die Grondwet te wysig om die nulvergoedingsmoontlikheid te konstitusionaliseer, volhou dat “nulvergoeding” nie dieselfde as onteiening “sonder vergoeding” beteken nie: Eersgenoemde is onderhandelbaar, laasgenoemde nie.
Maar die gevolge van die nuwe nulvergoedingsraamwerk word ietwat onderskat deur sommige ontleders van die politieke nuanses van die nuwe Onteieningswet. Daar word geredeneer dat die minister van openbare werke en infrastruktuur, wat in die nuwe wet onteieningsgesag kry, ’n DA-minister is binne die konteks van die regering van nasionale eenheid (RNE). Gevolglik sal die minister deur middel van regulasies die angel van vrese oor radikale onteieningsprogramme uit die nulvergoedingsraamwerk kan trek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Waar is die ware Distrik Ses en Graaff se Poel?
Die suidwaartse semigrasie
Grondmoleste: Die swepe begin sak
Stadig oor die klippe met Steenhuisen
Hoe gaan ons dié ekonomiese kloof oorbrug?
Menseregte-vegter wil ’n verskil maak
Grondhervorming kry nuwe lewe met privaat sektor
Deel
-
Deel