Raaisel oor dié dooies hopelik nie saam met hulle graf toe
ANGLO-BOEREOORLOG

’n Raaisel oor 14 onbekende grafte uit die Anglo-Boereoorlog naby Vereeniging kan dalk ná meer as 100 jaar opgeklaar word. Die groot vraag is of daar al die tyd dalk Britse soldate tussen Boeregrafte gerus het en of dit dalk verraaiers in eie geledere was wat deur die Boeremagte tereggestel is. ERIKA GIBSON doen verslag oor hierdie en ander moontlikhede.
DIE grafte lê netjies in ’n ry toegemessel met sement. Daar is geen naam, grafsteen of ysterkruis wat die dooies identifiseer nie. Die grafte van twee Boerekrygers wat in tragiese omstandighede in Mei 1900 binne enkele dae van mekaar dood is, is wel gemerk as dié van ene Potgieter en ene Lemmer.
In dieselfde Vrystaatse begraafplaas by Anniesrus, naby die Groenpunt-gevangenis buite Deneysville, is ook verskeie Malan-familielede begrawe, maar lank nadat die Anglo-Boereoorlog (ABO) reeds verby was. Die grond het destyds behoort aan Tienie Malan, ’n oudstryder en lid van die Volksraad vir Heilbron. Stroebel Hofmeyr, Malan se kleinseun, sê sy oupa het op die plaas afgetree en dit Knoppiesfontein genoem. Later jare is die grond onderverdeel, met Anniesrus een van die gedeeltes wat ’n eie naam gekry het.
Brian Barber, wie se ouma destyds in dieselfde omgewing gewoon het, is besig met navorsing vir ’n boek oor die hewige veldslae wat destyds hier tussen die Boere en die Kakies gewoed het, veral in Mei 1900. Sy ouma het van haar herinneringe van die veldslae neergeskryf, maar nie eens dít werp enige lig op die vraag oor die 14 grafte nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Niemand nog vas vir bewaringsheld se dood
Katgriep máái onder jong polisiehondjies
Moz-skandaal: Ferrari’s, tunabote en Oscar se tjommie
Speelplek vir rykes op afgeleë St. Helena laat die tonge klap
Deel
-
Deel
Erika Gibson
JoernalisErika Gibson is 'n spesialis-skrywer oor militêre aangeleenthede.