PRESIES 50 jaar gelede, op die ouderdom van sewe, het ek vir die eerste keer na Leonard Cohen se “So Long, Marianne” geluister. Ek was vir spraakklasse by die akteur en drama-onderwyser Babs Laker, verbonde aan die Akademie vir Dramakuns (ADK) in Kloofstraat, Kaapstad.
Op ’n dag besluit sy om vir my hierdie lied op ’n ou kassetspeler te speel. Hoekom sy gedink het ’n kind van sewe met ’n haasbekkie sou enigsins aanklank vind by dié mistroostige sangnommer weet ek nie, maar ek het.
Daar was iets poëties, nostalgies, ’n hunkering, in die lirieke, die melodie, en die man se hartseer stem. Toe ek ouer word, het ek herhaaldelik na hom, Bob Dylan, Bruce Springsteen, Johnny Cash en vele ander in losweg dieselfde tipe donker genre geluister...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.