Kaapstad se vlugtelinge: Waarheen weet ons nie, maar ons bly...

KAMP IN 'N KERK

Kaapstad se vlugtelinge: Waarheen weet ons nie, maar ons bly hoop en droom

Meer as 600 mense in 'n kerkgebou, nog 'n paar honderd in tente buite. Die toekoms van die vlugtelinge op Groentemarkplein bly duister, maar hulle hou moed. CRYSTAL ORDERSON en HANLIE GOUWS het met hulle gesels.

  • 24 Januarie 2020
  • Nuus & Politiek
  • 5 min om te lees
  • Hanlie Gouws & Crystal Orderson

DIT ruik na sweet, urine en te veel menselywe in een plek op 'n warm Kaapstadse somersdag. Dit ruik ook na desperaatheid en hopeloosheid. 

Maar ons word warm ontvang deur 'n man en vrou van Burundi wat in die deur van die Metodistekerk op Groentemarkplein in die middestad sit. Ons is vooraf gewaarsku dat ons dalk nie welkom sou wees nie. Ons bronne was ver verkeerd – die man sê ons kan gerus ingaan en onsself by ontvangs aanmeld. 

“Ontvangs" is 'n bank agter in die kerk, waaragter twee vroue sit. Sandra Bahibituga is 32. Sy is van Burundi en het in Wallacedene in die noorde van Kaapstad gewoon voordat sy, saam met talle ander vlugtelingfamilies, in die middestad kom bly het. Sy ontvang ons met 'n glimlag en stem in om ons gids deur die stampvol kerk te wees. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.