Lugmag 100 jaar: net flikkeringe oor van ’n historiese verlede

’N EEU IN DIE LUG

Lugmag 100 jaar: net flikkeringe oor van ’n historiese verlede

Die naasoudste lugmag ter wêreld is deesdae eintlik maar net ’n lugvleuel, skryf HELMOED-RÖMER HEITMAN.

DIE Suid-Afrikaanse Lugmag het verlede Saterdag 100 jaar oud geword, maar ten spyte van ’n roemryke verlede is die huidige situasie maar droewig.

Die land het sy eerste gevleuelde gevegsmag op 1 Februarie 1920 gekry met die aanstelling van kol. Pierre van Ryneveld as direkteur van die nuwe South African Air Service, wat die Suid-Afrikaanse Lugmag sou word.  Dit is naas Brittanje se Royal Air Force die oudste lugmag in die wêreld.

Die afgelope jare moes die SA Lugmag egter te midde van gevaarlik min finansiering steeds sy rol probeer vervul. Tog het byvoorbeeld die Rooivalk- en Oryx-bemannings in die Demokratiese Republiek van die Kongo uitsonderlike werk gedoen; Oryx- en BK117-bemannings het knap en dapper reddingswerk gedoen nadat sikloon Idai Mosambiek in Maart 2019 getref het, en in talle ander onlangse reddingsoperasies het  Lugmaglede bekwaamheid en durf getoon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.