Koalisies ná 2024: ’n gegoël met syfers

WAG EN KYK

Koalisies ná 2024: ’n gegoël met syfers

Soos Suid-Afrika gereedmaak vir die moeder van alle verkiesings in 2024 is daar ’n vreeslike gegoël met statistieke aan die gang. Geniet die DA vandag 25% van die kiesers se steun, soos hy self sê, of net 11%, soos marknavorsers glo? Staan die ANC inderdaad onder 40% en ActionSA maar op 3%? Dit gaan alles oor moontlike alliansies ná 2024. MAX DU PREEZ probeer die koring van die kaf skei.

TWEE klippe in die bos:

As die ANC met of ná sy verkiesingskonferensie in Desember skeur, en die faksie van Cyril Ramaphosa vat hande met die DA, sal so ’n alliansie/front waarskynlik ’n wegholoorwinning in 2024 behaal. Ja, dis ’n vlug van die verbeelding, maar tog iets om oor na te dink: ’n Gerespekteerde swart leier en ’n party met ’n uitstekende rekord vir regeerkunde kan mos net ’n wenner wees.

Tweede klip: Tensy hy met sy Phala Phala-skandaal gaan vasval, gaan Ramaphosa in Desember tot ANC-leier herkies word – daar is bloot niemand van aansien wat hom kan uitdaag nie. Gaan die RET-faksie eerder daarop fokus om die nasionale uitvoerende komitee met sy ondersteuners te laai? As so ’n poging slaag, is ’n alliansie tussen die ANC en die EFF ná 2024 dalk ons voorland...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.