Vakansiegangers, ontmoet julle bondgenote teen die ANC

NASREC: NOU WAT NOU?

Vakansiegangers, ontmoet julle bondgenote teen die ANC

Die ANC se moeilikheid is nie hulle verdeeldheid nie, maar eerder dat niemand hulle en hulle president meer vertrou om die regte ding te doen nie, skryf PIET CROUCAMP.

DIT is Desember 2022 en Hermanus is stampvol “Transvalers" wat kom loadshed by die see. Op die geplaveide straat tussen die ou hawe en die straatkafees luier viertrekvoertuie teen 'n slakkepas, vasgevang tussen die toeskouerwaarde van 'n malende menigte en die rustigheid van die diepblou see. Die oorlogsugtige “akabuyi” (hy kom nie weer terug nie, met verwysing na Cyril Ramaphosa) en “Wena Zweli Uyaz” (jy weet, Zweli, jy weet) van Nasrec eggo windop en buite hoorafstand van “white privilege”. Of so dog ek. 

Boerepreneurs en volksgenote moes vasgenael voor die kassie die losgemaal by Nasrec gadegeslaan het, want op byna elke straathoek en in die restaurante van die Overstrand word ek met dieselfde vraag gekonfronteer; “Wat nou, gaan ons dit maak in hierdie land?”. Soms dink ek dit is 'n retoriese vraag, en om die toekoms te voorspel is 'n verdomde onderneming, maar dalk kan ons die hede reg verstaan.

Die populistiese retoriek van die ANC-leiers by Nasrec word deur baie Suid-Afrikaners wat die toekoms as onseker beskou, gelykgestel aan hulle vrese vir radikale ekonomiese transformasie. Julius Malema en die ANC se RET-faksie heul met mekaar, argumenteer hulle. En Paul Mashatile se flikflooiery met Ekurhuleni se Mzwandile Masina, wat die burgemeesterskap van dié metropool aan die EFF wou oorhandig, bevestig hulle vrese. Alles goeie argumente en grondige vrese, gee ek toe. Maar, RET is as 'n konsep 'n uitgewaste idee wat instaan vir alles wat verkeerd is. Ek is nie eens meer seker daar bestaan so 'n faksie buite die EFF-retoriek nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.