Hou styf vas, twee spanningsvolle weke wag

VERKIESING 2024

Hou styf vas, twee spanningsvolle weke wag

As Cyril Ramaphosa teen middel Junie steeds president van Suid-Afrika is, gaan hy dalk uitvind dat die nuwe sewende republiek se eerste sitting 'n uitdagende terrein sonder 'n ooreenkoms met die EFF of die MKP kan wees, skryf PIET CROUCAMP.

HIER by die uitslagsentrum by die Gallagher-konvensiesentrum begin die senuwees rou skuur. Dis Vrydagoggend en ons weet steeds nie wat die finale uitslag van die Mei 2024-verkiesing gaan wees nie. Die meeste joernaliste, amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en verteenwoordigers van politieke partye ly aan die “te moeg om te slaap”-sindroom. Om deel te wees van geskiedenis terwyl dit gebeur, is 'n fisies en psigies vermoeiende ervaring.

Wat organisasie betref, was 29 Mei 2024 die swaks bestuurde nasionale en provinsiale verkiesings in 30 jaar van demokrasie. Tot en met hierdie week het die OVK Suid-Afrika se onmededingende verkiesings vry en regverdig bestuur.

Maar daar kan geen twyfel wees nie dat derduisende stemgeregtigdes nét hierdie week kon stem as hulle bereid was om groot opofferings te maak. Vir die 70% van huishoudings wat deur enkelouer-vroue bestuur word, was die risiko's en kostes van deelname soveel hoër as vir 'n middelklas- en manlike demografie. Misdaad en werkloosheid kerker kwesbare mense in. Groot getalle kiesers in rye wat na-ure teen 'n slakkepas beweeg het, het moed opgegee en huiswaarts gekeer in 'n poging om die onsekerhede van die donker te vermy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.