Oud-genl. Johan Booysen: Harde waarheid oor die polisie, uit...

PROFIEL

Oud-genl. Johan Booysen: Harde waarheid oor die polisie, uit die perd se bek

Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal het in 2017 vroeër uit die polisie bedank ná 'n meedoënlose veldtog om van hom ontslae te raak omdat sy ondersoeke te na aan mense in die Zuma-dampkring beweeg het. ANNELIESE BURGESS gesels met hom oor die letsels wat daardie tyd gelaat het, hoe die polisie reggeruk kan word en sy nuwe werk by Fidelity ADT.

EK ontmoet vir oud-genl. Johan Booysen in 'n koffiewinkel in Kalkbaai. Hy was nie mal oor Pretoria nie en hy en sy vrou woon deesdae baie gelukkig in die suidelike voorstede van Kaapstad. Die hardcore voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal dra 'n vrolike blou geruite hemp, 'n geel broek en sandale. 

Booysen is deesdae die hoof van ondersoeke by Fidelity ADT, die veiligheidskolos. Hy het sewe jaar gelede die pos aanvaar nadat hy uit die polisie weg is, ses maande voor sy 60ste verjaardag.

Ná vyf jaar se meedoënlose pogings om hom uit die polisie te verdryf – 'n brutale veldtog van leuens en waninligting wat begin het met 'n voorbladstorie in die Sunday Times dat eenhede onder sy bevel teen georganiseerde misdaad in Cato Manor en Port Shepstone agter 45 buiteregtelike moorde was. Die woord “death squad" was 'n kopskoot vir sy lang en trotse loopbaan in die Suid-Afrikaanse polisiediens – van die man wat in sy dae as hoof van die Durbanse moord-en-roof-eenheid as die provinsie se top-polisieman aangewys is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.