Jozi, my gehawende Jozi

OP DIE GROND

Jozi, my gehawende Jozi

ANNELIESE BURGESS het vier dae lank deur haar geliefde Jozi se strate gestap en gery – van die silwerskoon strate in Sandton, tot by Hillbrow en Yeoville wat 'n skemersone geword het. Die stad voel broos, verflenter en moeg – en tóg gaan die lewe voort op 'n plek waar stadsbestuur 'n stadige dood gesterf het.

OORKANT die MTN-taxistaanplek in Noordstraat in Joubert Park is 'n gebou wat heeltemal onversoenbaar met die chaotiese omgewing is. Die rooi baksteengebou met sy lang stoep en 'n balkon wat oorloop van plante, lyk effe versorg.

Ek baan my weg deur die bruisende musiek, voertuie, smouse en rioolvuil wat in die stukkende sypaadjies opdam. 'n Ou man in 'n glim-onderbaadjie sit op 'n houtstoel langs 'n hek wat na 'n nou systraatjie met winkeltjies lei. Die eerste een verkoop Bybels, rosekranse en standbeelde van die maagd Maria. Daar is 'n drukkery. En 'n plek waar vlegsels gemaak word. En aan die onderkant van die stegie, 'n werktuigkundige se werkswinkel. 'n Swaar hek lei na 'n erf aan die agterkant van die voormalige militêre barakke van die Transvaalse Regiment, wat deur die Anglo-Boereoorlog heen voorrade aan regimente voorsien het. Dit is ook waar 156 lede van die anti-apartheidstryd, onder wie Nelson Mandela, aan die begin van hulle hoogverraadverhoor in 1956 aangehou is.

Vyf jaar gelede is die verwaarloosde en verlate Drill Hall “oorgeneem" deur 'n Rastafariese kunskollektief bekend as Exotically Divine (https://www.instagram.com/exoticallydivine_pulse/). ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.