Johannesburg se puin is nie ‘kuns’ nie – dis bloot afgryslik

NOSTALGIE EN DEPRESSIE

Johannesburg se puin is nie ‘kuns’ nie – dis bloot afgryslik

Om die verval van Johannesburg te romantiseer deur dit iets anders te noem of dit te verhef tot iets wat dit nie is nie, is ’n belediging vir die mense wat daar moet woon, én rassisties, sê ISMAIL LAGARDIEN.

’N ONLANGSE essay oor die liefde-haat-verhouding wat mense met Johannesburg het, het my laat terugdink aan ’n vlugtige tyd in die middel-1980’s, toe ’n groep van ons – hoogs betrokke joernaliste, akteurs, musikante, kunstenaars (uitgeworpenes, behoort ek by te voeg) – in die kunswêreld en skeppende ruimtes in en om dié stad rondbeweeg het.

By die een of ander punt, waarvan daar verskeie was, het mense gesamentlik gekoer oor draadkarre en koeldrankblikkies wat vir ’n nuwe doel opgesny is. Hierdie uitgestalde “townshipkuns” is met oe’s en aa’s begroet, en met woorde soos “lieflik” en “ongelooflik”. Dit was vir my nogal verrassend en ook vermaaklik.

My aanvanklike – weliswaar ongesofistikeerde en waarskynlik onopgevoede – gedagtes was seker aanstootlik: Wat is dit met hierdie wit mense? Ons het draadkarre, of kaskarre, in die townships gemaak omdat ons nie speelgoed kon bekostig nie. En toe Groovy-koeldrank in die vroeë 1970’s op die toneel verskyn het, het ons aluminiumblikkies in koppies verander deur een kant van ’n blikkie teen klippe af te skuur. Twee hiervan is dan met dun tou of vislyn aan mekaar gebind en ons het dit as “telefone” gebruik. ’n Paar jaar later is enige geblikte drankie ’n “Groovy” genoem. Van ons het die koeldrankblikkies gebruik om albasters in te bêre of as koppies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.