Jozi se middestad: Waddehel het gebeur?

‘N LAAGTEPUNT

Jozi se middestad: Waddehel het gebeur?

Lael Bethlehem ken Johannesburg van binne en van buite. Sy was nie net eens aan die hoof van die metro se ekonomiese portefeulje nie, maar is ook ’n voormalige uitvoerende hoof van die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap. Sy is baie lief vir die middestad. ANNELIESE BURGESS vra haar wat in Jozi aangaan. En kan dié stad van die rand van die afgrond gered word?

IN die vyf jaar wat Lael Bethlehem die uitvoerende hoof van die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap was, het die Nelson Mandela-brug verrys. Die Mary Fitzgerald-plein is opgeknap. Die Newtown-distrik het ontstaan. Die Rea Vaya-snelbusstelsel is gebou. Dit was 'n tyd van enorme energie en Johannesburg het met moontlikhede en vooruitgang gepols. Die ou stad was besig om 'n nuwe ritme te vind. Dit was 'n wonderlike tyd om daar te woon.

Agtien jaar later is Jozi 'n stortingsterrein. Verwaarloos. Gebreek. Gewond.

Die verwoestende brand drie weke gelede waarin 77 mense gesterf het in 'n gebou wat deur die stad besit en aan slumlords oorgelaat is, was miskien die donkerste en mees afgryslike simbool van 'n administrasie wat in stukke is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.