Avonture in onbeantwoorde vrae

VAN SISUFOS TOT SUPERMARKVLEIS

Avonture in onbeantwoorde vrae

’n Universiteitsgraad in die geesteswetenskappe berei jou dalk voor vir die gróót vrae van die lewe en die heelal, reken ALI VAN WYK, maar dit help niks met die klein, netelige, alledaagse vrae nie.

BREEDWEG het mens voor die 1980’s, as jy ’n diepsinnige kind was wat universiteit toe gegaan het met die edele motief om die sin van die lewe daar te vind, teologie gaan studeer. Maar my generasie, in die vroeë negentigerjare, het ál meer gekies vir die sekulêre weergawe van teologie: die filosofie, of wysbegeerte.

Dit het mens nogal skielik soos ’n grootmens laat voel. Ek meen, net laasjaar op die skoolbanke het jy nog jou bes probeer om “die sewe take van ’n stoorman” en “die vyf kenmerke van ’n koöperasie” in bedryfsekonomie te memoriseer, en nou sit jy voor regte filosowe en cool, slim en mooi studente in ’n klas op Stellenbosch en jy praat oor die groot vraagstukke van die heelal – die belangrike dinge: eksistensiële en metafisiese vrae.

Jy worstel in die voorste linies met Middeleeuse vrae soos: “Kan God se bestaan bewys word?” Jy vra saam met die Grieke: “Wat is die verhouding tussen geregtigheid en geluk?” en saam met filosowe van Die Verligting: “Wat kan ons moontlik van die wêreld weet?”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.