VERREGSE AANSLAG
Klou maar vas hieraan: This too shall pass
In ’n donker kamertjie in die Oos-Vrystaat word PIET CROUCAMP diep getref deur die skaal van die skynheiligheid en goddelose instinkte van Donald Trump, Kallie Kriel, Dirk Hermann, Jaco Kleynhans en Theo de Jager.
VERREGSE AANSLAG
Klou maar vas hieraan: This too shall pass
In ’n donker kamertjie in die Oos-Vrystaat word PIET CROUCAMP diep getref deur die skaal van die skynheiligheid en goddelose instinkte van Donald Trump, Kallie Kriel, Dirk Hermann, Jaco Kleynhans en Theo de Jager.
Deel
DIE afgelope naweek ry ek deur die Oos-Vrystaat. Oor die karradio luister ek na die onbesonne politieke kartetse wat die Amerikaanse president, Donald Trump, op die wêreld loslaat. Teen 10 Februarie het hy reeds 55 uitvoerende bevele geteken. Die meeste dekrete, wat hy teatraal in die gloed van 'n sikofantiese media onderteken, is ekonomiese oorlogsverklarings teen sy land se historiese ekonomiese en politieke vennote. Maar sy venyn is ook gemik op die 11 miljoen ongedokumenteerde werkers in die Amerikaanse ekonomie, wat hy beletsel as kriminele.
Op 7 Februarie teken hy 'n uitvoerende bevel, getiteld “Addressing Egregious Actions of The Republic of South Africa". Ek hoor die jubelende refrein in regse geledere hier in Suid-Afrika, uiteindelik het hulle 'n messias wat die volk kan red van die “modderrasse”. God het Trump gestuur om die Afrikaners te verlos van die dwingelandy van Panyaza Lesufi, Paul Mashatile en Julius Malema. Die traktaat wat Afrikaners in die eerste helfte van 2024 met die ANC aangegaan het, is duidelik nou verraad. Die self-flagellasie van hulle wat alreeds in oorvloed leef word 'n morbiede fiksasie.
So gepraat van “egregious”, ek het gevlug uit Johannesburg en beland in 'n bar in die Oos-Vrystaat waar ek luister hoe dronk mans luidrugtig, sarkasties, rassisties oor die “tipies-primitiewe manewales" van ene Sipho praat. Sipho is duidelik 'n verteenwoordiger van alle swart mans. Dis AfriForum-wêreld hierdie, sê ek vir myself. Dronk rassisme is nou nie juis 'n ontvanklike en veilige atmosfeer vir 'n bejaarde “ateïstiese liberalis” nie – as ek Solidariteit se Jaco Kleynhans mag aanhaal – en ek dekoreer myself as “misterious and dark”, eensaam in die verste hoek van die kroeg. Dit maak sin om oogkontak te vermy...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].
Verwante Artikels
Almal nou gestraf toe AfriSol se gifsaadjies spruit
Gaan Trump swart Afrikaanses ook oornooi?
Trump se onsin kan pynlike gevolge hê
Wie sit agter Trump se intimidasie van SA?
Die klok lui vir Bela-weerstand
Wil julle Afrikaans praat of baklei?
Jou ma se putsch
Trump gaan wen, en liegbekke oral gaan juig
Agter elke Woedende Wit Man ...
’n Volk, of ’n taalgemeenskap?
Deel
-
Deel
-
-
-
-
-
-
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.