Ons stukkende land

MA’ DJULLE’S DIE POETS

Ons stukkende land

Vandag plaas ons bydraes van twee lesers, KAREN SENNETT en ANNA STRYDOM.

  • 25 Augustus 2023
  • Boeke
  • 3 min om te lees
  • artikel 19 van 30
  • Karen Sennett en Anna Strydom

huigelaar (-es)

sy lyk lê op die sypaadjie ons ry verby soos wat ons elke dag verbyry hoofstraat langs verby die kerk waar hy elke dag voor die muur lê neffens die peperboom se lang kraptakke toegewikkel onder sy plastiekkombers as dit baie koud is lyk dit kompleet soos ’n klein kokon ek probeer hom aspris miskyk spare a thought for the poor creature sleg gemors sê my liefman klein skuldgevoel wat as liefman nie by is nie en ek tel hom op en vat hom vir ’n lekker bad by die huis en gee vir hom warm koffie en van gisteraand se sagopoeding het hy al sagopoeding geëet met baie kaneelsuiker wonder ek met die verbyry kyk hom aspris mis maar sien sy bruin voete uitsteek aan die onderkant ander dae sit hy in die sagte winterson met sy rug teen die muur voor die kerk neffens die peperboom met sy krapperige takke en skree obscenities vir die huiswerkers wat daarlangs moet verby op pad taxi’s toe want hul mevrouens gee nie vir hulle genoeg taxigeld tot by die woongebiede nie hulle kan mos loop kyk hoe vet raak hulle van al die weggeekos en dit wat hulle wegdra sal sommiges agter die hand fluister en hulle moet vanaand nog gaan kos opsit want dronkgatman is ná die naweek se gesuip nog winddronk en die kinders is te klein vader laat hy asseblief niks aan hulle doen nie hoe moet sy die blou kolle agter hul beentjies aan die juffrou verduidelik aan die einde van die maand want dan betaal dronkgatman se tjommies sommer vir hom en dan die here weet is hy ’n monster en so loop die huiswerkers verby die man met sy rug teen die muur in die sagte winterson neffens die peperboom met sy krapperige takke terwyl hy vir hulle skree hoe hy vir hulle gaan naai nee daardie woord mag ek nie sê maar moet ek dan jok ek weet nie en nou vanoggend staan die polisiebakkie skuins getrek oor die sypaadjie voor die kerk neffens die peperboom met die kraptakke en daar is huiswerkers op pad werk toe wat staan en kyk na sy dooie lyf sy voete dik van die vuil sy oë op ’n ander plek die polisieman wil die geel plastieksak oor hom trek ek ry verby kyk aspris mis sien hoe daar iewers ’n mamma huil of nie oor haar wegloopkind tikbedonnerd verby en waar sal hy nou wees wat sal dit baat as ek nou vir hom bid wonder ek terwyl ek hoofstraat langs verby die kerk ry met die peperboom en sy kraptakke en met die opkyk ’n man met spiekeries klere wandelstok en hoed om die kerktoring sien dans

Karin Sennett
1 Augustus 2023..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.