Bolaño: Om teen die dood in te skryf

HAMBIDGE PRYS EN PIETS

Bolaño: Om teen die dood in te skryf

JOAN HAMBIDGE bekyk die oeuvre van 'n disleksiese dwelmslaaf buite die Chileense letterkundige sisteem.

1

Waarom is sekere skrywers so produktief en waarom skryf hulle kort vóór hul dood uitgebreide, lang tekste? In Afrikaans is daar Karel Schoeman. In Chili Roberto Bolaño gebore in 1953 en oorlede in 2003. By sowel Schoeman as by Bolaño word die leser betower deur die prosa. Lang sinne waarin daar oënskynlik niks gebeur nie. Soos by Henry James. In sy roman 2666 (2004) vind 'n mens 'n paragraaf wat een sin is. 'n Vloedgolf. 'n Brander wat wag om te breek…

Hy is gebore in Chili, leef in Mexiko en Spanje. 'n Dwelmverslaafde wat wag op 'n leweroorplanting. In sy lewe 'n bokser, vullisverwyderaar, sekuriteitsman, skottelgoedwasser en dus iemand wat met sy hande kon werk. En die lewe eerstehands beleef en wat ons in sy tekste sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.