Ek moes nie hierdie rooi wolhandskoene begin het nie

LYDIA DAVIS

Ek moes nie hierdie rooi wolhandskoene begin het nie

LOUIS GAIGHER bedink die nuwe boek van 'n skrywer wat naas oorwoë, literêre en geraffineerde taaluitings ook weggooifrases, afgeluisterde gesprekke, jargon en onbeholpe taalgebruik inspan.

IN “A Person Asked Me About Lichens,” uit Lydia Davis se nuwe bundel, Our Strangers, vra ’n ongeïdentifiseerde gespreksgenoot die verteller of sy al oor mos geskryf het en of sy dalk reeds met ’n mos-verwante projek besig is. Sy spesmaas is dat sy die tipe persoon is wat in mos geïnteresseerd is en besmoontlik graag daaroor nadink. Volgens die verteller weet die gespreksgenoot dat sy stip na dinge kyk, ook na kleinhede, en belangstel in plante, ekologie en tuinmaak. Of, altans, die verteller dink dat hy dink dat hy dit van haar weet.

Oor sewe bladsye heen (breedvoerig teenoor talle Davis-stories van enkele reëls) volg die leser ’n naspeurende en vrysinnige bewussyn wat uitwei oor sampioene, ander se mos-ondervindings en haar eie mos-onoplettendheid. Die gespreksgenoot se aanname en vraag prikkel haar belangstelling en daag haar tot toekomstige ondersoek uit: “And by this time next year, if someone asks me if I am a lichen-curious person, and, even better, engaged on a lichen-related project, I will be able to say, truthfully, that I am.”

In die driekwartbladsy lange “A Theory” bespiegel die verteller oor die funksie van misterieuse draadkabels wat uitstrek vanaf ’n oewer en 4,5 m bo die wateroppervlak dun metaalpaaltjies saamsnoer. Sy meen dat die drade moontlik ’n kragstroom, afkomstig van weerlig, gelei. Onwaarskynlik, want “there are rarely any thunderstorms here, when I come to think of it, perhaps seven or eight every August and one in July”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.