Leesstof vir mense wat ’n slegte week beleef

LINZA SE DEURLOOP

Leesstof vir mense wat ’n slegte week beleef

LINZA DE JAGER reken sommige boeke is gemoedsbeswaarders en ná die lees daarvan het jy 'n versterking nodig. Die ander twee boeke op haar lys was net die regte tonikum.

DIE Australiese topverkoper Matthew Reilly se jongste boek het soos ’n onweerswolk oor my week gehang. Mr Einstein’s Secretary is so dik soos ’n deurstopper en dit het te veel kinkels en kabels. Noodhulp was agterna nodig. Die nege lewens van Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman en Nicole Engelbrecht se Sizzlers het dit verskaf.

Die eerste 80 bladsye van Mr Einstein’s Secretary lees lekker. Dis die jaar 1919 en die jong Hanna Fischer droom oor fisikus word. Mens sien haar, verstaan haar, kry vat aan haar. Maar haar lewe in Berlyn stort in duie wanneer haar ouers vermoor word. Gelukkig vir Hanna is Albert Einstein die gesin se buurman. Hy help haar om na Amerika te vlug,  waar sy haar as sekretaresse bekwaam.

Myns insiens moes Hanna net daar gebly het, maar nee. Sy begin migreer tussen Amerika en Duitsland soos ’n voël wat van koers af is. Die een ongelooflike drama ná die ander volg. Die hoogtepunt is wanneer sy gevra word om vir Amerika op die Nazi's te spioeneer. Jammer, ek kon nie vat kry aan die manier hoe Hanna se karakter vervorm word nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.