’n Roman oor private en openbare verraad

BARBARA BOSWELL

’n Roman oor private en openbare verraad

NADINE PETRICK het met 'n verbete feminis en genderaktivis gesels wat skryf om heel te word.

PROFESSOR Barbara Boswell vat ’n rukkie om op te warm. Daar is ’n teruggetrokkenheid, ’n skugterheid in haar antwoorde en in haar sit. Daar’s ’n skemering van die meisiekind van Belhar en Elsies wat in geweld grootgeword het en met geluk en familieliefde heelhuids anderkant uitgekom het. ’n Skaam, eersteklas skolier wat eerder wou lees en skryf as meeste ander goed doen, want stories was haar emosionele redding, haar geestelike kruk. Die nerdy introvert wat jaloers was op haar sussie wat agt jaar ná haar opgedaag het; Barbara skielik van haar troon as enigste kind afgeskop.

Maar nes Anita, die hoofkarakter in haar derde roman, The Comrade’s Wife, is daar ’n stille krag wat so met die loop van tyd rugbaar word. Jy voel dit; Barbara gaan nie sommer jou kak vat nie, ook nie enigiemand anders s’n nie. Maar dit maak haar nie kliphard nie, allermins. Net miskien verbysterend verbete.

Een van die grootste ooreenkomste tussen Anita en Barbara is dat beide swart vroue in die akademie is, werkend en skrywend aan identiteit, daai ding wat ewig omstrede sal bly. En dis nie maklik nie, as jy so tussen die lyne van die boek én die gesprek lees. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.