‘Doodgewone ou’ is allesbehalwe boring

HANNES BARNARD

‘Doodgewone ou’ is allesbehalwe boring

NADINE PETRICK skilder 'n woordportret van 'n skrywer met vele dimensies en lang lokke.

HANNES BARNARD is ’n doodgewone ou. Niks skandes of skinder agterin Huisgenoot nie. Bôkkerol vreemde gewoontes of onmoontlikhede. Hy het ’n vrou en ’n hond genaamd Mac en ’n huisie in suburbia. Hy lag maklik, hou van ’n goeie grappie en ’n potjie gholf en hy braai lekker. Hy is goed in sy werk, gewild onder sy kollegas en skryf aan sy sewende boek, as jy ’n handvol bundels uitsluit. ’n All-round Mr Nice Guy.

Synde een van drie seuns van ’n predikantsegpaar, wonder mens onwillekeurig of hy in een van die dominee-se-kind-kategorieë val. Die raaiskoot is akkuraat: “Ek was in my tienerjare definitief ’n rebel. Ek het in ’n baie klein plekkie genaamd Dannhauser in KwaZulu-Natal grootgeword en het regtig vasgevang gevoel. Uit my perspektief het die dorpie my bitter min geleenthede gebied en ek het gedink die groot stad, Pretoria, is hierdie magical Eldorado. Ek en my pa is ook geweldig verskillend en as tiener is dit baie moeilik om die verskille te probeer versoen. Dit was deel van my rebelsheid. Maar dalk was ek eerder ’n rebel without a clue.”

Die hare was nog altyd deel hiervan, erken hy. Etlike kere gefoeter, baie detensie gesit en amper uit die hoërskool geskors oor sy lang kuif wat hy met “kundige kamwerk” verdoesel het. Ná skool het hy sy hare met mening laat groei, want vir 18 jaar moes hy die kapsel kort hou. En toe 18 jaar verby is, besluit hy om maar die lang lokke te hou. (Ek reken: “Jy sal belaglik lyk met kort hare." Hy probeer nie eens stry nie.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.