Draf aan die donker kant van die straat

MISDAADRILLERS

Draf aan die donker kant van die straat

DEBORAH STEINMAIR het aan die skadukant vertoef en die onderbuik van die samelewing in misdaadrillers beleef.

VAN gedigte alleen kan ’n mens nie lewe nie. Ek het ook vyf misdaadrillers verslind, want daar word soveel boeke in hierdie genre uitgegee en die uitgewers stuur dit na my deur. Benewens hoge literatuur en digkuns sê ek nooit nee dankie vir ’n noir nie.

Die roman The Damages speel in twee tydvakke af: die hede (2020) en die verlede (die winter van 1998). Die verteller, Ross, is op universiteit in Toronto. Sy hou van haar kamermaat, ’n hoofmeisie-tipe met ’n goeie hart, maar voel sy is nie mooi of cool genoeg om mee saamgesien te word nie. Daar is ’n sneeustorm en al die studente oor op die kampus is in een dameskoshuis vasgekeer.

Niemand mag alleen buite rondbeweeg nie, daar is ’n buddy-sisteem en Ross se kamermaat, Megan, is haar buddy. Dus sleep sy haar een aand saam na ’n dronknes-paartie. Toe Megan huis toe wil gaan, is Ross verdiep in ’n seun se aandag en ignoreer haar. Ross vat die seun terug na haar koshuiskamer en los Megan om saam met Ross se vriende terug te kom. Sy vra haar om elders te gaan slaap toe sy by die koshuisdeur aankom. Megan gaan slaap in ’n ander kamer, waar sy die aand gemolesteer word. Sy verdwyn vir ’n paar dae en almal voel Ross het nie na haar gekyk nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.