’n Jong vuurvreter, Elton Jantjies, en sewe dae by die Hoogland Hydro

DIE NAWEEK-LEESLYS

’n Jong vuurvreter, Elton Jantjies, en sewe dae by die Hoogland Hydro

ANNELIESE BURGESS deel 'n paar gunstelingstories uit hierdie week se uitgawes.

Image: ANGELA TUCK

Molo!

Saterdag is leeslysdag en vandag val ek sommer met die deur in die huis, want ek moet in die pad val.

Net voor ek vir jou my storie-aanbevelings gee, onthou ons verlaat die Arena-stal aan die einde van September. As jy hierna met ons wil kontak behou, gee asseblief vir ons hier jou kontakbesonderhede en toestemming dat ons verder met jou kan kommunikeer oor Vrye Weekblad-sake.

Hier is dan my aanbevelings vir leesstof om oor die naweek mee te ontspan:

Sewe dae by die Hoogland Hydro

Net gematigde mense begryp die konsep van verpligte hongersnood. Laureen Rossouw, daarenteen, betaal graag die prys wat lewensgulsigheid eis.

Siviwe Gwarube: die DA se slim, begeesterde (en cool) hoofsweep

Een van haar beste vriendinne is Lindiwe Mazibuko, sy versamel teekoppies en is mal oor 'n Kaapse brunch (en ja, daar moet 'n mimosa by wees). Ek gesels met die DA se splinternuwe hoofsweep oor onder meer haar grootwordjare, gesprekke in die koukus, koalisiepolitiek, “swartwees” in die DA en die lekkerte van 'n skaapkop.

Ek het ’n plek gesien waar alles wat geskryf staan, waar is

Hulle word net oor geskryf as iemand in bendegeweld sterf of as ’n plek voorgehou moet word as voorbeeld van die ongelykhede in hierdie land weens die regering of die polisie of wetstoepassers se onvermoë om wet en orde te handhaaf, skryf Anastasia de Vries.

Boeke | Lotto-spelende nonne, ’n vervloekte erfdeel en liefde in rewind

Die afgelope week het Deborah Steinmair verdrink in fiksie, soos sy daarvan hou om te doen, en net nou en dan opgekom om asem te haal.

Elton kies die Smalle Weg

Tinus Horn skryf oor rugby, krieket en ’n vermeende dief se straf.

Te veel beeste laat Nederland verstik in stikstof

Beeste is so deel van Nederland se nasionale identiteit soos klompe en windmeule. Maar nou is daar soveel beeste dat hul getalle ’n bedreiging inhou vir die natuur en uiteindelik die mens, skryf Anesca Smith. Die regering wil stikstofvrystelling verminder, maar die boere is in opstand.

Daarmee groet ek tot môre.

Anneliese Burgess
annelieseburgess@gmail.com
WhatsApp: 083 413 6573

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.