Om die slaap tegemoet te stap

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Om die slaap tegemoet te stap

ANNELIESE BURGESS stap saam met haar pa deur die geborgenheid van ou herinneringe, deel ’n gedig, ’n paar aanbevelings, en gee drie boeke oor die Krugerwildtuin weg.

  • 19 Februarie 2023
  • Daagliks
  • 5 min om te lees
Image: ANGELA TUCK

Goeiemôre vriende

Een van die laaste goed wat ek onthou my pa vir my gesê het in daardie afdraande maand voor hy oorlede is, was “walk with me”. Dit was voor hy so gesukkel het om te praat dat hy maar opgehou het, en ek sy gedagtes moes probeer lees.

Dit was nie ’n fisieke gelopery waarvan hy gepraat het nie – daarvoor was hy toe al te swak. Dit was ’n staptog deur die geborgenheid van ou herinneringe.

My pa op Bannockburn.
My pa op Bannockburn.
Image: ANNELIESE BURGESS

In sy laaste tyd het hy al hoe banger geword om te gaan slaap, want dan was hy alleen. Dan het ek soms, soos daardie aand, langs hom gaan lê en het ons “gestap” totdat sy breë skouers verslap het en hy aan die slaap was.

My Dad het sy lewe lank gesukkel om te slaap. Hy was altyd bekommerd oor iets. Oor die reën wat nie kom nie. Oor brande wat die plaas gaan vernietig. Oor siektes wat sy beeste sou uitwis. Ons het hom geterg daaroor, Warrant Officer: Worst-Case Scenario. Vandag besef ek hy het aan ekstreme angs gely wat nooit gediagnoseer of behandel is nie, en hy het swaar daaronder gely.

Tee in die veld.
Tee in die veld.
Image: ANNELIESE BURGESS

Eendag, lank voor my pa se siekte hom verteer het, het ek hom vertel hoe ek skape tel as die slaap nie vir my wil kom nie. My skape was ou paaie wat ek in my kop stap. Van ons ou plaas, Vergenoeg, na my ouma-hulle op Helmond. Of sekere stukkies van die Wildekus. Of van my ou huis in Melville, op met sewende straat, na die boekehuis. Of van die treinstasie op Preetz in Duitsland na my ouma se huis in Wilhelm Raabe Strasse.

Hy het dit ook begin doen. Nou en dan, wanneer ek die plaas gebel het, het hy vertel van ’n pad waarop hy die slaap tegemoet geloop het. Dit was naderhand ’n binnegrappie tussen ons.

“From Olivierskloof, across the vlak towards the dam, and then along the big contour to the willow trees where I used to look for fossils with you kids.”

“From the black lands, down through the loop, past the poplars up to the main road where Oupa planted the avenue, and then down that road, past the dip, to Diepkloof.”

Ek het gevind dit werk net as ’n slaapsussingsmeganisme as jy spesifiek is met die details. Jy moet stadig stap en elke detail probeer onthou. Die aalwyne by Witdraai. Die irriterende konsertinahek wat so moeilik oop- en toemaak. Hoe die groen slakkies op die sand skarrel wanneer die brander terugtrek. Die jakaranda-confetti op Melville se strate. Die reuk van die teer ná ’n reënbui. Die detail maak jou kop stil.

Die detail maak jou kop stil.
Die detail maak jou kop stil.
Image: ANNELIESE BURGESS

Ons heel laaste staptog was op die dag toe hy oorlede is. My pa was toe al dae lank in ’n ander wêreld. Daardie dag het ons Bannockburn platgetrap, want ek het geweet dit was waar hy wou wees. Daar tussen die gras en die beeste aan die voet van die Drakensberge.

“OK, Dad, the flask is in the rucksack. And I have packed rusks. Are we going to take the bakkie? Or should we walk? I think let’s take the bakkie. I will open the gates ...”

En só is ons op met die agterste pad, deur die vyf hekke. Ons het by die dammetjie op Koornhoek tee gedrink. Omring deur sy blinkrooi Bonsmaras. Feisto die skaaphond was by.

“Your cattle are looking so mooi at the moment, Dad. Shall we check on the trough? Remember last time the ball valve was giving trouble?”

Ek en my pa het baie draaie geloop daardie dag. En toe, met ’n laaste hakkelende asem, is my Dad weg. En ek mis hom verskriklik. Elke dag. Maar as ek saans sukkel om tot ruste kom, stap my pa saam met my die slaap tegemoet.

Daarmee groet ek. Salige Sondag.

Anneliese
annelieseburgess@vryeweekblad.com



Hoe om VWB 3.0 heeltemal gratis te lees! 

Vrye Weekblad is voorlopig nog gratis. Al wat jy hoef te doen om dit te kan lees, is om 'n lesersprofiel met jou e-pos te skep. Gaan na vryeweekblad.com. As jy enigsins sukkel, stuur vir my 'n boodskap by hulp@vryeweekblad.com en ek help graag.


A Blessing for Wedding

Today when persimmons ripen
Today when fox-kits come out of their dens into snow
Today when the spotted egg releases its wren song
Today when the maple sets down its red leaves
Today when windows keep their promise to open
Today when fire keeps its promise to warm
Today when someone you love has died    
      or someone you never met has died
Today when someone you love has been born    
      or someone you will not meet has been born
Today when rain leaps to the waiting of roots in their dryness
Today when starlight bends to the roofs of the hungry and tired
Today when someone sits long inside his last sorrow
Today when someone steps into the heat of her first embrace
Today, let this light bless you
With these friends let it bless you
With snow-scent and lavender bless you
Let the vow of this day keep itself wildly and wholly
Spoken and silent, surprise you inside your ears
Sleeping and waking, unfold itself inside your eyes
Let its fierceness and tenderness hold you
Let its vastness be undisguised in all your days

– Jane Hirshfield


Wildtuinboekies vir ’n leser

Ek wil graag hierdie drie boekies oor die bome, insekte en soogdiere van die Krugerwildtuin in die pos gooi vir 'n leser – in ruil vir 'n paragraaf of twee daaroor vir my Salige Sondag-nuusbrief. Stuur vir my 'n e-pos na annelieseburgess@vryeweekblad.com as jy jou naam in die hoed wil gooi.

Plekke om nié te besoek nie

Fodo het so pas hulle “No List” vir 2023 bekend gemaak. Dit is plekke wat hulle sê jy liefs moet vermy omdat dié bestemmings dringend 'n blaaskans van massatoerisme nodig het. Dit sluit Venesië, Antarktika en Italië se Amalfi-kus in.

Kameelperde verander hulle kolle

Het jy geweet dat kameelperde in verskillende dele van Afrika verskillende patrone het?

Lees

Hoekom die wêreld 'n Oekraïniese oorwinning nodig het. Deur die wonderlike historikus Timothy Snyder.

Luister

Bonny Raitt het so pas, op 73, ’n Grammy gewen vir “Just like that”.



Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.