Vaderlandspopuliere en die blywende misterie van ons onderbewussyn

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Vaderlandspopuliere en die blywende misterie van ons onderbewussyn

ANNELIESE BURGESS droom diep, deel 'n gedig en ook aanbevelings oor wat om luister, lees en kook (en onder meer iets wat sy sê moontlik haar beste vonds ooit kan wees).

Goeiemôre

Die afgelope twee weke het die populierbome by die rivier begin draai. Ek sien elke jaar uit na die skouspelagtige herfsritueel – hoe die vaderlandspopuliere (is dit nie die mooiste, mooiste naam vir Lombardy poplars nie?) wat oral hier op plase in die Oos-Kaap en Vrystaat voorkom, verander in gloeiende geel kandelare – en daarna stadig hulle herfsmantels afgooi totdat hulle skaamkaal die winter binnegaan. 

Gister was my laaste dag op die plaas vir 'n ruk. Ek moet my ry kry terug beskawing toe vir 'n paar onderhoude en vergaderings in Kaapstad en Johannesburg. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.