Klubhuis | Petrus Vaalbooi lees die tekens

HOE DIE NATUUR BALANS BEHOU

Klubhuis | Petrus Vaalbooi lees die tekens

JACQUES JOUBERT skets ’n prentjie van ’n legendariese storieverteller en klimaatsaktivis.

  • 27 Januarie 2023
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • Artikel 23 van 29
  • Jacques Joubert

AS Petrus Vaalbooi, die leier van die Khomani San, langer as 5 voet is, sal ek verbaas wees. Sy arms en bene is dun en seningagtig en sy gesig vol plooie van wysheid, swaarkry en moed. Hy is ’n legendariese storieverteller en woorde vloei van sy tong soos water in ’n stroom.

Ek doen my bes om sy storievertellery te beskryf en te verduidelik tot watter insigte hy my gebring het. Ek moet beklemtoon dat ek nie sy stories kan vertel met sy handgebare, pleidooie en fyn gevoel vir ironie nie. Hy is verreweg die beste storieverteller wat ek nóg teëgekom het.

In die geesteswêreld van die boesmans, soos hy verkies om homself te beskryf, is daar geen toevallighede nie. Mense moet tekens soek in hulle alledaagse lewens. Anders as wetenskaplikes wat klimaatsverandering ontken en hulle blinde aanhangers het Petrus geen twyfel dat versnelde klimaatsverandering en die gepaardgaande uitwissing van spesies die grootste bedreiging vir die mensdom inhou nie. Hy weet omdat hy tekens sien in die verandering van die natuur in die Kalahari en onthou wat die ou mense hom vertel het. Hy sien ook die tekens van die uitwissing van sy mense voor sy oë plaasvind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.