Ons betaal steeds vir die dwaasheid van apartheid

ANDERKANT MET ANESCA SMITH

Ons betaal steeds vir die dwaasheid van apartheid

ANESCA SMITH skryf oor die welwillendheid tussen medelandsburgers nadat Nelson Mandela vrygelaat is, maar dat niemand gereken het op die gevolge van apartheid 30 jaar later nie. DEBORAH STEINMAIR vertel meer oor die oes uit die Boeke- en Vrye Tyd-stories waarmee jy jou naweek kan verwyl.

  • 21 Januarie 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees
Image: ANGELA TUCK

Goeiemôre!

Die eerste nuus wat ek hoor toe ek in my tuisdorp aankom, is dat my neef tydens ’n winkelrooftog aangerand is.

Hy was toevallig in die Somaliese winkel besig om inkopies te doen toe drie rowers helder oordag binnestorm. Meneer het al van kindsbeen af ’n groot bek, so dit verbaas my nie toe ek hoor dat hy al een is wat oor die kop geslaan is met ’n vuurwapen nie.

Hy sê hy is oukei – kla net bitterlik dat hy in al die harwar nie naby die sigarettoonbank neergevel is nie, maar “tussen die spices”.

Soos elders op die Suid-Afrikaanse platteland het klein winkeltjies met eienaars van elders uit Afrika die afgelope dekade of wat ook hier soos paddastoele verrys. Oor die prys van die goedere wat hulle verkoop is nie te kla nie, maar jy sal wys wees om die vervaldatum na te gaan.

Ondanks die nuwe inkommers en die val van apartheid 30 jaar gelede bly die dorp oor die jare grotendeels soos die argitekte van apartheid dit ontwerp het: ’n plek gereserveer vir één rassegroep. In hierdie geval, bruin mense.

In die laaste deel van verlede jaar verander dit opeens toe daar ’n groot intog is van swart mense van oral oor die land. Trekarbeiders wat werk op die omringende druiwe-, bloubessie- en waatlemoenplase op die rand van die dorp, maar nie daar blyplek gegee word nie.

Sommige dorpenaars sien die nuwe inkommers as ’n geleentheid vir vinnige geld. So het ons bure met hul beskeie tweeslaapkamerhuis skielik byna 20 nuwe “loseerders”. Behalwe die druk op die dorp se hulpbronne is die probleem natuurlik dat erwe soos dié van ons bure heeltemal nie die voorsieninge het om soveel mense te huisves nie.

En skielik is die onverwerkte rassespanninge wat as gevolg van apartheid tussen bruin en swart geskep is nou helder op die voorgrond.

Anders as in Amerika waar iedereen met ooglopend swart bloed of gene – ongeag hoeveel – as swart beskou word, het Suid-Afrika tydens apartheid ’n stappie verder gegaan en met die blink plan vorendag gekom om mense nog verder te onderverdeel. Sommige sogenaamde “kleurlinge” was trots op hul status as “amper wit” en het goed gebruik gemaak van voordele wat daarmee gepaard gegaan het, soos beter onderwys, behuising en werksgeleenthede.

Ek onthou die euforie wat onder die meeste Suid-Afrikaners geheers het ná die vrylating van Nelson Mandela. Die welwillendheid teenoor ons medelandsburgers waarin Mandela ’n voorbeeld was. Waarop niemand gereken het nie, is dat daar ná al die jare nog steeds ’n prys te betaal is vir die dwaasheid van apartheid.

Groete

Anesca


Gegroet, gewaardeerde mede-epikuriste. Terwyl die Titanic sink, lees ons boeke en dans op die dek. Gister se oes kan jou vir ’n rukkie aan die lees hou en daarna boekwinkel/galery/klerewinkel/restaurant toe laat hol. Of dalk wil jy ’n staproete aandurf.

BOEKE

Deborah Steinmair het gelees oor ’n Jamaikaanse man met ’n boepens en ’n goue voortand wat homself liefhet en sy troppie kinders afskeep, en van die kinders se teensinnige vriendskap. ’n Skaterlag vol trane.

Mense-mens met boepens wat skuld en kinders maak.


Ken jy die dromerige Yiyun Li? Louis Gaigher gaan jou bekendstel aan hierdie hoogs private skrywer wat tussen die reëls en agter haar karakters skuil.

Sy skryf om tussen haar karakters weg te kruip 


Ons superleser Kerneels Breytenbach spoel mond uit oor Harry se klagtestaat en skryf oor ander nuwighede op die rak.

Die Spare-vloermoer en ander publikasies wat lesers aan die praat het 


Moenie die tweede aflewering van Gerda Taljaard se meesleurende, poëtiese verhaal misloop nie.

Kortverhaal | Ajopuuta (Deel II) 


Hoekom boei hofdramas ons so? Deborah Steinmair lees Scott Turow se jongste aanbieding.

Hoekom boei hofdramas ons so?


Ons lesersforum is woelig. Dié week het ons gedigte deur Anne-Marie Taylor en ’n skok-essay deur Adelma Smuts. Stuur julle bydraes aan deborah.steinmair@google.com en jy kan ’n boek wen.

Ons lesers is diep en digterlik


VRYE TYD

Laureen Rossouw vind uit Haidee Muller-Isaacs, gewilde RSG-omroeper en vryskutskrywer, hou van haar man se toebies, funk-jazz en haar (amperse) naamgenoot in die berge.

15 vrae aan Haidee Muller-Isaacs


Het die Golden Globes weer geloofwaardigheid of tas hulle na tokens? Elna van der Merwe besin oor hulle hergroepering.

Drie tekens van kultuurskuiwe by die Golden Globes


Henk Serfontein vertel van die dag toe hy ’n Gerard Sekoto deur sy vingers laat glip het en hierdie kunstenaar se verblyf in Parys.

‘Ek verloor ’n Sekoto-tekening in Parys’ 


Lees oor die tweede skof van die 560 km wat Peet Steyn kuslangs van Alexanderbaai na Paternoster stap.

Die wolf, die fopdosser en die speurder 


Maak soet en sout goeie bedmaats? Gerhard Greyvensteyn gee maklike voorstelle hoe om hierdie twee geure op verrassende maniere te meng.

Soet en sout – ’n onwaarskynlike egpaar)


Elna van der Merwe skryf oor Diana Cilliers, ’n bekroonde kostuumontwerper wat sorg dat ’n akteur se klere ’n hele verhaal help vertel.

Jy ís jou klere 

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou!

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.