ISMAIL Lagardien het my in die matriekuitslagweek laat versit op my stoel hier in die klubhuis. ’n Klip in my skoen, ’n mier in my maag, noop ’n eie vertoë.
Ismail had dit in Daily Maverick (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2023-01-19-obsession-with-qualifications-education-misplaced-and-dangerous/) oor die belaglikheid om mense wat nooit universiteit toe is of matriek behaal het nie, sommer af te maak. Sy siening oor die rasse- en revolusionêre aandrif tot die beheptheid met kwalifikasies is, vir my altans, insiggewend.
Eie siening oor die beheptheid is egter anders gedrewe. Minstens in die Afrikaanse gemeenskappe waaroor ’n mens glo jy uit eie reg kan praat, lyk dit asof die benepenheid setel in minderwaardigheid en mistasting. Ouers wat self nie kwalifikasies ooit behaal het nie, mishandel byvoorbeeld hulle kinders om te presteer en dit wel te behaal. Hulle doen dit omdat hulle self minderwaardig is of voel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.