Dis ’n kleiner Kersfees

O, DIE GOEIE TYDING

Dis ’n kleiner Kersfees

Kersfees 2020 konfronteer ons met baie mense wat met bitter min moet klaarkom. MICHÈLE MEYER hoor hoe die feestyd opnuut in oënskou geneem word.

IN 2020 klink die beginreëls van ’n bekende Kersliedjie net te na aan die vel van hoe dit regtig gesteld is met massas mense oor die hele wêreld heen. In die spoor van ’n pandemie, onder asreën van ’n flenters ekonomie met dreigende donderweer van vlaag twee van Covid-19, klink die konsep van Krismisklater soos ’n klinkende simbaal. Vir miljoene Suid-Afrikaners is die idee van ’n krippie daar ver en ’n bedjie van hooi luuks. Watwou goud, wierook en mirre. Mense het minder, dra swaarder en is onseker oor wat wag.

Kersfees kom

Soos die kat en die Stellenbosse boys kom Kersfees warempel ook weer. Ten spyte van verlore weke, vergete plegtighede, oninbetaalde salarisse en sarsies aanlyn begrafnisse, word ons gekonfronteer met die rooi, die groen en die bloot banale...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.