Die beroemde Amerikaanse musiekvervaardiger Rick Rubin se boekbekendstelling op ’n podsending was skaars koud toe bestel DEBBIE LOOTS dit. Was dit omdat sy die boek wou lees of omdat haar ghoeroekompleks ná jare weer kop uitgesteek het?
WIE sal nou nie ’n boek wil lees met ’n titel soos The Creative Act: A Way of Being nie? Veral noudat ons so moet rondskarrel om te keer dat KI ons skeppendheid om elke digitale hoek en draai probeer kaap. En dan is die boek boonop geskryf deur ’n kreatiewe kenner soos die befaamde musiekvervaardiger Rick Rubin. Mens dink net nie twee keer nie. Ék het nie.
Vir dié wat nie weet nie: Rubin is ’n man van vele talente. In sy tienerjare het hy Def Jam Records begin, ’n handelsmerk wat die invloedrykste van alle tye sou word nadat hy in die 80’s saam met Russell Simmons die musiek van onder andere LL Cool J, die Beastie Boys en Public Enemy uitgereik het. In die daaropvolgende dekades het hy ook die suksesstories van die wêreld se bekendste musikante help skryf, onder wie Metallica, Red Hot Chili Peppers, Aerosmith, Adele en Johnny Cash.
Maar wat maak Rubin so spesiaal? Josh Jones, ’n joernalis van Open Culture, sê Rubin se superpower is eenvoudig: Hy is ’n goeie luisteraar. Dis dit. In die ateljee “verdwyn” hy op die agtergrond en luister bloot na die kunstenaar se idees, gedagtes en visie van byvoorbeeld ’n nuwe liedjie. En by nadenke daarna ontdek die kunstenaar nuwe, soms ongekende aspekte van homself en sy kreatiwiteit en ontwikkel só ’n oorspronklike nuwe musieksnit, album of klank...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
TREND
As mens ’n ghoeroe van ’n man maak
Die beroemde Amerikaanse musiekvervaardiger Rick Rubin se boekbekendstelling op ’n podsending was skaars koud toe bestel DEBBIE LOOTS dit. Was dit omdat sy die boek wou lees of omdat haar ghoeroekompleks ná jare weer kop uitgesteek het?
Deel
WIE sal nou nie ’n boek wil lees met ’n titel soos The Creative Act: A Way of Being nie? Veral noudat ons so moet rondskarrel om te keer dat KI ons skeppendheid om elke digitale hoek en draai probeer kaap. En dan is die boek boonop geskryf deur ’n kreatiewe kenner soos die befaamde musiekvervaardiger Rick Rubin. Mens dink net nie twee keer nie. Ék het nie.
Vir dié wat nie weet nie: Rubin is ’n man van vele talente. In sy tienerjare het hy Def Jam Records begin, ’n handelsmerk wat die invloedrykste van alle tye sou word nadat hy in die 80’s saam met Russell Simmons die musiek van onder andere LL Cool J, die Beastie Boys en Public Enemy uitgereik het. In die daaropvolgende dekades het hy ook die suksesstories van die wêreld se bekendste musikante help skryf, onder wie Metallica, Red Hot Chili Peppers, Aerosmith, Adele en Johnny Cash.
Maar wat maak Rubin so spesiaal? Josh Jones, ’n joernalis van Open Culture, sê Rubin se superpower is eenvoudig: Hy is ’n goeie luisteraar. Dis dit. In die ateljee “verdwyn” hy op die agtergrond en luister bloot na die kunstenaar se idees, gedagtes en visie van byvoorbeeld ’n nuwe liedjie. En by nadenke daarna ontdek die kunstenaar nuwe, soms ongekende aspekte van homself en sy kreatiwiteit en ontwikkel só ’n oorspronklike nuwe musieksnit, album of klank...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Koebaai alkohol, dis verby tussen ons
Die vyf pilare vir ’n gesonde lyf en gees
Vaarwel aan die laaste sigaret
Verlies sonder afsluiting: hoe gemaak?
M is vir menopouse
Deel
-
Deel
Debbie Loots
JoernalisDebbie Loots is ’n vryskutjoernalis en skrywer van die romans Split en Die Boek van Gelukkige Eindes. Sy het ’n voorliefde vir meditasie en joga en ondersoek graag nuwe gesondheidstrends – van die Goops tot die ghwarre.