Kyrgios dalk Djokovic se moses – ás hy in vlees én gees opdaag

WIMBLEDON 2023

Kyrgios dalk Djokovic se moses – ás hy in vlees én gees opdaag

Nick Kyrgios dink hy is die enigste speler wat Novak Djokovic op Wimbledon se grasbane kan tem. Dit lyk of ZIRK VAN DEN BERG met hom saamstem.

“MAN wat voorspel hoe die toekoms lyk, sal weldra op sy neus kyk,” het Confucius gesê. (Dis my storie en ek hou daarby.)

Maar ek is van kindsdag af heel gewillig om skeel te kyk en voorspel dus hier en nou dat daar eintlik net vier realistiese kandidate is om vanjaar se Wimbledon-toernooi te wen: een van die topdrie, of Nick Kyrgios. 

Novak Djokovic is die waarskynlikste wenner. Hy het in die afgelope 12 maande elke Slam gewen waaraan hy deelgeneem het en het in 2017 laas op Wimbledon verloor. Maar dalk pootjie sy seer elmboog hom. (Probeer om jou dit in te dink.) Daniil Medvedev kan hom dalk stuit. Carlos Alcaraz het nog nie genoeg op gras gespeel dat ons weet hoe goed hy op dié oppervlak kan beweeg nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.