Independent Media-baas Iqbal Survé is Hlaudi se Mini-me

LEUENS, GATKRUIPERS EN ROTTWEILERS

Independent Media-baas Iqbal Survé is Hlaudi se Mini-me

5 Desember 2013 was nie net die dag toe Suid-Afrika sy vaderfiguur, Nelson Mandela, verloor het nie. Dit was ook die begin van die ondergang van Suid-Afrika se oudste koerantgroep, net mooi in ’n stadium dat ons demokrasie goeie joernalistiek die nodigste gehad het. MAX DU PREEZ skryf oor ’n nuwe boek wat die verwoestende spoor van Iqbal Survé dokumenteer.

IQBAL Survé is ’n karakter soos Hlaudi Motsoeneng. Al verskil is dat Survé ’n regtige dokter is. Soos Hlaudi spog Iqbal gereeld dat hy die beste, mooiste, slimste en mees beroemde is. Sy stories dat hy Mandela se persoonlike arts was, boesemvriende met Michael Jackson en Bill Clinton was, eiehandig die Indiese krieketspan van Sachin Tendulkar sielkundig reggeruk het, ’n genoot van Cambridge-universiteit is en ’n toekenning van Amnestie Internasionaal gekry het, is alles totaal vals. Uit die duim gesuig.

Dit is die man wat in 2013 as hoof van die Sekunjalo Media Consortium die Independent Media-groep vir R2 biljoen van ’n Ierse maatskappy gekoop het. Die maatskappy publiseer onder meer die Cape Times, wat in 1876 gestig is, Cape Argus (1871), The Star (1871), Sunday Independent en Daily News. Die Survé-familietrust, die staatsdiens se pensioenfonds (via die openbare beleggingskorporasie), drie vakbonde en ’n Chinese staatskonsortium is nou die grootse aandeelhouers van Independent Media.

Sekunjalo se aankoop van die groep het aanvanklik die hoop laat opvlam dat dit tot ’n herlewing van die koerante kon lei, want die Ierse groep van Sir Anthony O’Reilly het die maatskappy leeggebloei en stelselmatig uitgehol. Die hoop het beskaam: Sekunjalo het die groep net verder in die stof in getrap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.