Ons slawegeskiedenis is nader as wat ons dink

VOOROUERS

Ons slawegeskiedenis is nader as wat ons dink

Die gebeier van slaweklokke laat LESLIE VAN ROOI se gedagtes dwaal na hoe dit dalk kon wees vir die slaafvoorvaders en -moeders, maar ook na hoe ons anders oor onsself en die land kan dink.

ELKE jaar op 1 Desember herdenk ons die vrystelling van die slawe in Suid-Afrika en ander dele wat tussen 1834 en 1838 onder Britse beheer was. In Suid-Afrika word die dag veral in Kaapstad en plekke soos Elim en Pniël herdenk. Laasgenoemde is twee voormalige sendingstasies wat 'n groot impak gehad het op onderwys en landboumoontlikhede in die historiese bruin gemeenskap(pe).

Pniël, tussen Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl, het dan ook in die vermelde periode die tuiste geword van vrygestelde slawe wat hier begin het om 'n nuwe lewe vir hulle en hul nageslag uit te kap, veral deur hul landbougedrewe aktiwiteite.

Roerende herdenkings..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.