HET Mao Zedong ’n spesifieke spesie in gedagte gehad toe hy sy “Laat ’n honderd blomme bloei”-toespraak in Mei 1956 gelewer het? Wie sal nou weet? Straks was dit slegs ’n oomblik van poëtiese bevlieging.
Die toespraak was kwansuis ’n oproep tot groter vryheid en diversiteit van denke en van spraak in kommunistiese China, maar nie alle intellektuele wat dié nuwe vryheid aangegryp het, is noodwendig daarvoor geprys nie; nie almal het dit eens oorleef nie.
Terwyl dít te betreur is, weet ons ook dat daar ’n meer verblydende raakpunt tussen China en ’n bepaalde blomsoort hierdie tyd van die jaar is, te wete dat dit nou is dat krisante in volle blom staan – en dat dié plant van Chinese afkoms is en eers ’n draai in Engeland gemaak het voordat dit uiteindelik in die ou Kaapkolonie kom saad skiet het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
'n Woordjie wat rym met roes