Joumasepoetamia wag aan die einde van die reënboog(nasie)

KAAP-KAPING

Joumasepoetamia wag aan die einde van die reënboog(nasie)

C. LOUISE KORTENHOVEN kan vandag onthul dat haar departement meewerk aan ’n akademiese verkenning van die lewensvatbaarheid van ’n Nuwe Kaapse Republiek aan die suidpunt van Suid-Afrika!

GROOT opgewondenheid heers in ons departement oor die vooruitsig om op ons beskeie manier deel te wees van ’n nuwe Volksplanting daar doer suid aan die Kaap de Goede Hoop.

Hoewel daar aanvanklik effense ongemak was oor die moontlikheid dat ons sodoende die reeds kwynende integriteit van die bestaande Suid-Afrikaanse landsgrense verder in die gedrang sou help bring, was daar spoedig eenstemmigheid dat die geleentheid om ’n staatkundige bestel te help vorm wat behoorlik in die beginsels van djender-ekwiteit gegrond is, eenvoudig te goed is om te laat verbygaan. Boonop is die akademiese neutraliteit van die studie gewaarborg danksy ’n ruim skenking van die Genootskap van Welvarende Afrikaners (Gwaf), wie se bona fides bo verdenking is (minstens vir die huidige belastingjaar).

Die nodige etiese klaring vir die studie is ook reeds van ons universiteit se etiek-komitee verkry nadat twee moontlike haakplekke uitgestryk is. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.