Die nuwe struggle is hier

OOMBLIK VAN WAARHEID

Die nuwe struggle is hier

Dit het tyd geword vir 'n nuwe struggle, skryf KOOS KOMBUIS. Nie die ou struggle van swart teen wit nie; ook nie 'n struggle van wit teen swart nie; maar 'n struggle van ons burgerlike samelewing teen die mees blatant korrupte en misdadige regering wat ons land in 'n lang tyd gesien het.

VERLEDE week ontdek ek onderin my boekrak ’n stapeltjie ou Afrikaanse little magazines en tydskrifte uit die 1980’s en 1990’s: Insig, Ensovoort, Ons Klyntji, Vrye Weekblad.

Dis veral die Vrye Weekblad-hopie wat by my ’n gevoel van beklemming bring. Ek onthou meteens emosies wat ek liefs sou wou vergeet het. Ek blaai deur daardie vergeelde bladsye en beleef weer die laaste stuiptrekkings en die desperate verval van die laaste nasionalistiese ministers wat nog in daardie desperate tye aan mag probeer vasklou het.  

Die ooreenkomste tussen die Suid-Afrika van vandag en die Suid-Afrika van die 1980’s en 1990’s is verstommend...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.