Wees goed vir jou groottone en Greta

LOS GEDAGTES OP LOOM VAKANSIEDAE

Wees goed vir jou groottone en Greta

DEBORAH STEINMAIR het in die vakansie die nuus uit die hoek van haar oog dopgehou en wonder waarom ons nog fiksie lees wanneer die waarheid soveel raarder is.

DIS 2023 en ek is nie sonder nuwejaarsvoornemens nie. Kan jy ’n ou tief nuwe toertjies leer? Ek sal altyd probeer.

Ek kom agter ek loop nog my lewe lank verkeerd, bid jou dit aan. Dit nadat my knokkels pynlik geraak het en ek oplees dat mense met plat voete geneig is om op die buitekant van hulle voete te loop. Die groottone ry gratis saam, soos varkies wat geabba word. Hulle trek gevolglik skeef na binne en knokkels ontwikkel. Nou stap ek beredeneerd: hak eerste, rol oor bal van voet, skop vas met groottoon.

Ná 60 jaar se platvoetstap lei dit tot allerhande pyne in voetbeentjies, knieë, kuite, spiere en ligamente...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.